INLEIDING:

Goeiedag. Cirrus Survey Warehouse doen tans 'n onafhanklike evaluering van die potensiële ekonomiese en sosio-ekonomiese impak van die voorgestelde in-situ uraniumontginning/-uitloging namens die Stampriet Akwifeer Uranium Mynbou Vereniging (SAUMA). As deel van die breër evaluering versamel ons plaaseienaars se menings oor hierdie voorgestelde projek. Ons wil graag die huidige boerderytoestande beter verstaan, en hoe dit kan verander indien die bekkengebied gedeeltelik of heeltemal besoedel word as gevolg van die in-situ uitloging.

Let asseblief daarop dat u deelname aan hierdie opname vrywillig is, en u sal nie nadelig behandel word indien u besluit om nie aan die opname deel te neem nie. Die antwoorde wat u gee, sal nie aan u identiteit of die naam van u plaas gekoppel word nie. Data sal in geheel ontleed word, en niemand sal u individuele antwoorde kan identifiseer nie. Die antwoorde wat u verskaf, sal vertroulik behandel word en sal slegs gedeel word met die Cirrus Survey Warehouse-span wat vir hierdie evaluering aangestel is. U is ook vry om die onderhoud te eniger tyd te beëindig, of te kies om nie 'n spesifieke vraag te beantwoord nie.

U deelname is uiters waardevol om die huidige bydrae van plase in die opvanggebied te verstaan, en hoe die stand van lewe en ekonomiese aktiwiteit deur hierdie mynprojek beïnvloed kan word.

T