Beste respondent,

Baie dankie vir u bereidwillingheid om hierdie vraelys te beantwoord. As gevolg van die nasionale inperking (“lockdown”), is die verkoop van sigarette verbied.

Hierdie opname teiken gereëlde rokers en mense wat voor die inperking gerook het. Ons wil graag van u hoor. Ons wil verstaan hoe die verbod op die verkoop van sigarette u rookgewoonte beïnvloed het.

Hierdie akademiese studie word deur navorsers van die Universiteit van Kaapstad onderneem. Ons is onafhanklik van enige staatsinstelling, soos die SA Inkomstediens en die SA Polisiediens. Die inligting wat ons met hierdie opname versamel is anoniem, en sal nie gebruik word om u op enige manier te probeer opspoor nie. Die opname is vrywillig en u kan enige tyd staak om die vrae in te vul. Dit neem tussen 5 en 10 minute om die vraelys in te vul. Hierdie opname is deur die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se Komitee vir Navorsings-etiek goedgekeur.

Indien u hierdie opname voltooi, het u die opsie om u naam in 'n trekking te plaas, waar u een van tien R500 geskenkbewyse van Takealot kan wen. Die trekking sal op 15 Mei plaasvind. Indien u enige vrae oor die opname het, skakel ons gerus. Die hoofnavorser is Professor Corné van Walbeek. U kan hom by cornelis.vanwalbeek@uct.ac.za kontak.

T