TRICKLE OUT - GRATIS REGISTRASIE

Ons bied geleentheid aan alle sosiale en omgewings-ondernemings met 'n basis in die lande van Suidelike en Oostelike Afrika om besonderhede te registreer op hulle naam, ligging, webwerf, kontakbesonderhede en die goedere en dienste wat hulle verskaf in 'n GRATIS Gids wat aanlyn beskikbaar sal wees, asook op 'n CD, sodat voornemende kliënte, ondersteuners en skenkers jou besonderhede kan vind. Hierdie projek word befonds deur middel van 'n navorsings-toekenning en ons sal nie jou besonderhede verkoop of jou produkte aanbied nie.

Ons mag jou kontak deur e-pos om inligting vir ons navorsing aan te vra, geen data in die verband sal beskikbaar wees aan diegene wat kyk na die Gids nie. Jy het die keuse om nie hierdie navorsings-versoeke te antwoord nie en sal nog steeds in die Gids wees.

As jy 'n onderneming is, nie-winsgewend of Nie-Regerings-Organisasie wat goedere en dienste bied wat óf 'n SOSIALE- óf 'n OMGEWINGS-oogpunt het, is jy welkom om te registreer

Die prystrekking nou verby

Question Title

* 1. Stem jy in om deel te wees van hierdie studie?

Deur te klik op die "Ek stem in" knoppie dui jy aan dat:
• jy die inligting begryp wat volgende uiteengeset is
• jy stem in om deel te neem en
• jy is ten minste 18 jaar oud

As jy verkies om nie deel te neem in die navorsingstudie nie, wys asseblief deelname van die hand deur te klik op die "Ek stem nie in nie" knoppie.

Jou deelname aan hierdie navorsingstudie is vrywillig. Dis jou keuse of jy deelneem of nie. As jy besluit om deel te neem in hierdie navorsings-opname, het jy die reg om te onttrek op enige tydstip, sonder benadeling.

Registrasie behels die invul van 'n aanlyn-opname wat ongeveer 10 minute sal duur. Slegs die inligting wat jy verskaf vir die Gids sal gepubliseer word. Jou ander antwoorde sal vertroulik bly. Al die inligting word gestoor in 'n beskermde formaat. Om jou vertroulikheid te help beskerm, sal die opnames nie inligting bevat wat jou persoonlik kan identifiseer nie. Die uitslae van hierdie studie sal uitsluitlik gebruik word vir wetenskaplike doel.

As jy enige vrae het oor die navorsingstudie, kontak asseblief die navorsingspan op die e-pos kontakvorm by
http://trickleout.net

Hierdie navorsing is hersien volgens etiese prosedures vir navorsing met betrekking tot menslike temas.

T