This questionnaire is in, and primarily about, the Afrikaans language. The target group is Afrikaans language speakers outside of Southern Africa.

Hierdie vraelys moet slegs ingevul word deur volwasse eerste-taal Afrikaans-sprekers wat vir die grootste deel van hulle kinderjare in Suider-Afrika grootgeword het en enige tyd daarna na 'n ander land of lande verhuis het, waar hulle tans steeds woon.

(Met "Suider-Afrika" word Suid-Afrika en Namibië bedoel.)

In die geval van egpare of ander volwasse saamwoners, moet elke persoon verkieslik hierdie vraelys afsonderlik voltooi.

As jy by enige vraag voel dat die opsies wat gegee word nie voldoende voorsiening maak vir jou siening en situasie nie - gebruik dan Vraag 7 om die nodige inligting te verskaf.

Die doel hiermee: Ek is afgetree en is besig met ‘n artikel oor Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Ek het geen persoonlike missie hiermee nie – behalwe miskien om vir Afrikaanses in Suid-Afrika groter begrip te gee van dit wat soveel Afrikaanses laat uitwyk het; wat hulle houding teenoor Afrikaans is en waarom dit so is.

Deelnemers wat hulle e-pos adresse by Vraag 8 invul, sal ingelig word oor die resultaat van hierdie ondersoek.

Fanie Pretorius
Pretoria
faniepret@gmail.com

Question Title

* 1. Waarom het jy besluit om Suider-Afrika te verlaat?
(Kies AL die opsies wat van toepassing is)

Question Title

* 2. Wat is die moontlikheid dat jy weer sal terugkeer om in Suider-Afrika te woon?
(Kies een)

Question Title

* 3. Vir hoe lank woon jy al buite Suider-Afrika?
(Al die onderbroke periodes as kind en volwassene saamgetel)
(Kies een antwoord)

Question Title

* 4. Hoe belangrik is die Afrikaanse taal en kultuur vir jou persoonlik?
(By "Afrikaanse taal en kultuur" word bedoel die taal en kultuur wat deur die meeste Afrikaanssprekendes van jou kultuurgroep in Suider-Afrika bedryf word)
(Kies een antwoord)

Question Title

* 5. Praat jy tuis meestal Afrikaans met jou ega en kind(ers)?
(Ega = eggenoot of eggenote of lewensmaat)
(Kies AL die antwoorde wat van toepassing is)

Question Title

* 6. Wat is die rede(s) waarom jy en jou gesin die taal/tale praat wat julle tuis praat?
(Kies AL die opsies wat van toepassing is)

Question Title

* 7. As daar enigiets is wat jy wil byvoeg by jou antwoorde hierbo, kan jy dit hier doen:

Question Title

* 8. Die doel met hierdie vraelys is om inligting te verkry vir 'n artikel wat hopelik iewers gepubliseer sal word. Verskaf asseblief jou land. As jy bereid is om in die artikel by die naam genoem en aangehaal te word, verskaf asseblief ook jou naam en e-pos. Jy mag dalk genader word vir meer inligting en selfs 'n foto - alles opsioneel.

T